Landbouweekliks se podsending is hier! Vir baie mense klink die hele podsending-storie dalk soos Grieks. Wees gerus, enigiemand kan dit regkry om na ons podsending te luister, veral met hierdie gids. Hier is drie maniere om na jou gunsteling-episode se podsendingweergawe van Landbouweekliks te luister:

Kies die een wat jou die beste pas.

Luister op die web

Elkeen van die podsendings sal op ons webblad verskyn. Hier sal jy ’n kort beskrywing van die episode sien en direk op die blad kan luister. Druk “play”, sit agteroor en luister lekker na die episode. Onthou om Landbouweekblad se web- en Facebook-blad dop te hou vir wanneer die volgende episode beskikbaar is.

iTunes

 Jy hoef nie meer ’n Apple-toestel te hê om iTunes op jou rekenaar te installeer nie. Maak die program oop en gebruik die soekfunksie regs bo: Soek vir “Landbouweekliks”. Gaan tot onderaan die bladsy by “Podcasts” en klik op ons ikoon.

Nou kan jy inteken op die podsending, en enige van die episodes luister. Dit is ook belangrik om by “Ratings and Reviews” in te loer en jou opinie oor die podsending te gee (ons verduidelik hier onder hoekom). As jy nog nie iTunes het nie, laai dit hier af. 

Gebruik ’n app

Hierdie is die beste manier om na podsendings te luister. Met ’n goeie app is dit makliker om Landbouweekliks op te spoor én makliker om te luister. ’n Mens kan op een bladsy deur al die vorige episodes soek, en as jy ’n bietjie agter is, kan jy sommer al die episodes die een ná die ander in volgorde luister, sonder om ’n klomp knoppies hoef te druk.

Nog ’n nuttige funksie is dat jy nie ’n knoop in jou oor hoef te maak vir wanneer die volgende episode beskikbaar sal wees nie. Sodra ons ’n nuwe episode laai, laai die app dit outomaties af en stuur vir jou ’n kennisgewing dat dit reg is vir jou om te kom luister. Om dit reg te kry, gebruik die volgende stappe.

  • In die app se soek-funksie, tik “Landbouweekliks”.
  • Maak die podsending oop en kies heel eerste die “Subscribe” of “Follow”-opsie. Nou sal jy op datum bly met nuwe episodes.
  • Kies die episode wat jy wil luister en druk “play” – so maklik soos dit.

Vir elke app is die stappe basies dieselfde. Daar is wel hordes podsending-apps beskikbaar en dit is soms moeilik om die koring van die kaf te skei as jy nie weet waarvoor jy moet soek nie.

Ons het ’n paar van die bestes gaan soek – kies dus een van hulle as jy twyfel. Baie podsending-apps het ’n klomp ekstra funksies en jy moet ’n paar dollars opdok om te op jou toestel te kry, maar ons voorstelle is almal gratis.  

As jy ’n Android-toestel het, probeer een van hierdie twee:

As jy enige iOS-toestel (Apple) het, is hierdie twee die voorlopers:

  • Apple Podcast (jy hoef nie die app af te laai nie, iOS-toestelle kom uit met dit klaar geinstalleer).
  • Overcast.
LOGO'S: Boonste ry: Apple Podcast en Overcast. Onderste ry: Podbean en Podcast Addict.

Gradeer en resenseer

Elke episode wat ons oplaai is gratis. Daar is wel ’n manier hoe jy jou ondersteuning kan wys sonder om geld uit te gee. Indien jy die Apple Podcast-app gebruik, of as jy iTunes he, gaan na Landbouweekliks, klik op “Ratings and Reviews” en gee vir ons ’n punt en laat ons weet wat jy dink van die podsending.

Jou terugvoer help ons nie net om die podsending beter te maak nie, maar hoe meer graderings en resensies die podsending het, hoe beter gaan dit na ander luisteraars versprei. Hoe meer siele, hoe meer vreugde! As jy enige vrae het of sukkel om by Landbouweekliks se podsending uit te kom, stuur ’n epos na cornelia.vdmerwe@24.com. Luister hier na elke episode:

Listen to "Landbouweekliks" on Spreaker.