Cat se reeks slimfone is duursaam en robuus en kan in moeilike toestande funksioneer. Daarby is die fone water- en stofbestand. Die skerm word beskerm deur dik, krapweerstandige glas en is omring met beskermende ontwerpelemente.

Die nuwe Cat S61-slimfoon is ’n raakvatter vir die boer. Dié sakgrootte, plaasbestande slimfoon help die boer om bestuursbesluite te neem wat sy wins raak. Die Cat S61 het ’n versterkte aluminiumraam en is ontwerp om ’n val vanaf 1,8 m te weerstaan.

Die foon het ’n termiese kamera om hitte waar te neem (dit is nuttig om hittekolle in opgebergde graan te sien), watervlakke te meet of vee in die nag op te spoor. ’n Laser-ondersteunde oppervlakte en afstandmeter kan afstande van tot 8 m afmeet, terwyl ’n sensor die luggehalte bepaal.

Die Cat S61 word ondersteun met ’n tweejaarwaarborg, wat ’n gratis skerm insluit indien die skerm op die een of ander uitsonderlike manier gebreek het.

PRYS: Op aanvraag.

NAVRAE: Me. Sinothando Malengeni, 021 461 5108.

Ontvang die nuutste landbounuus en -raad in verskeie bedrywe - teken HIER in vir een van ons nuusbriewe.