Om in te skryf moet jy eenvoudig Aeroview Scout, Aerobotics se gratis oesmonitering-toepassing, op jou selfoon of tablet aflaai en ’n gratis Aeroview SMART Scout-rekening skep deur die promosiekode ALCC1218 te gebruik. Volg dan die stappe wat hier aangedui word.

’n Gelukkige leser kan ’n DJI Mavic Air-hommeltuig asook ’n Aeroview-pakket vir 100 ha wen. Die insluiting van die hommeltuig is te danke aan Aerobotics se samewerking met Rectron, ’n inligting- en-kommunikasietegnologiemaatskappy wat onder meer sagteware aan die mark bied.

“Ons is opgewonde om hierdie massiewe pakket aan een gelukkige boer te bied. Dié prys sal die nuutste en beste hommeltuigtegnologie na die wenner se plaas bring,” sê mnr. Tim Willis, Aerobotics se finansiële hoof.  “Deur ons gratis Aeroview-toepassing af te laai, kan hulle voordeel trek uit ons nuutste oesmoniteringtegnologie.”

Die kompetisie gaan gepaard met die bekendstelling van Aerobotics se Not Far From the Tree-veldtog, wat fokus op familieboerderye. Die doel van die veldtog is om die pas van innovasie op plase te bespoedig, en om boere te help om 'n verskeidenheid uitdagings, soos droogte en klimaatsverandering, te oorkom en groter oeste te produseer.

Daar is tans 500 miljoen familieboerderye in die wêreld. In die Verenigde State is 98% van alle plase familieplase. Hierdie plase produseer sowat 27% van alle kos. Familieboerderye is ook van groot waarde vir die gemeenskappe waarin hulle geleë is omdat hulle werk en plaaslik vervaardigde kos voorsien.

“Deur die kompetisie met hierdie veldtog te kombineer, plaas ons die fokus op hoe ons tegnologie geposisioneer is om boere help met die bestuur van peste en siektes, hul oeste te verbeter en meer gebalanseerd te maak,” sê mnr. James Paterson, Aerobotics se medestigter en hoofbestuurder.

“Aangesien ek op ’n familieplaas grootgeword het, verstaan ek die belang daarvan om verskeie generasies deel van ’n plaas te maak om te verseker dat dit oor die nodige toerusting en tegnologie beskik om ’n volhoubare toekoms te hê.”

Vir meer inligting oor die veldtog en kompetisie, besoek https://about.aerobotics.io/not-far-from-the-tree