As jy nie ’n skandeerder het nie en eers met die bure moet reël of wag tot jy op die dorp kom, los jy dit sommer heeltemal en gaan werk eerder skaap.

CamScanner, ’n eenvoudige toepassing, is soos ’n Leatherman. Jy dink jy het dit nie nodig nie, tot jy op ’n Maandagoggend ’n huurkontrak moet teken. Soos nou die dag toe ek doer neffens die Boesmanland by die Le Rouxs gekuier het. Oom Dawid se skandeerder lol en tjoef-tjaf skandeer en e-pos ek die dokumente met CamScanner.

Jy kan selfs jou handtekening op die toepassing bêre en dokumente teken as dit nodig is. Jy kan letterlik enige dokument, faktuur of dieselstrokie rofweg afneem en in ’n netjiese PDF verander wat jy dan van jou selfoon af kan e-pos of met WhatsApp kan stuur.

ln040221_Nuwighede_CamScanner_2_opt.jpg
ln040221_Nuwighede_CamScanner_2_opt.jpg

Alle dokumente word op CamScanner gebêre indien jy dalk later weer daarna moet kyk of dalk weer ’n ID of rybewys nodig het.

As dit in die Boesmanland werk, werk dit oral, en jy het nie sein nodig nie.

PRYS: CamScanner kan gratis van jou selfoon se toepassingswinkels of van die webwerf afgelaai word. 

NAVRAE: Web: camscanner.com