Oor die jare het boere allerlei planne beraam om die geute se blare uit hul tenks te hou, maar deesdae kan ’n mens heel goedkoop doelgemaakte geutfilters koop, soos Eco Depot se Gutter Buddy-blaarvanger.

Dié slim filterstelsel monteer soos ’n tregter in ’n geut se afvoerpyp en keer dat pype en watertenks met blare en ander materiaal verstop raak. Blare en ander materiaal word eenvoudig gevang deur ’n fyn sif wat teen ’n helling aan die bokant van die tregter gemonteer is.

Danksy die hoek van die sif of filter kan blare en onsuiwerhede nie daar ophoop nie, maar maklik afval en die water gemaklik in die tregter laat invloei. Die filter is fyn genoeg om te keer dat muskiete en ander insekte in die watertenk beland.

Die Gutter Buddy is uit PVC gegiet en kan maklik op bestaande geute gemonteer word. Dit is 24 cm lank en 19 cm x19 cm wyd en diep.

PRYS: R249 elk. 

NAVRAE: Web: www.ecodepot.co.za

Ontvang die nuutste landbounuus en -raad in verskeie bedrywe - teken HIER in vir een van ons nuusbriewe. Volg ons op WhatsApp om daaglikse landbounuus op jou selfoon te ontvang.