Dit help die snoeier om presisie-snitte met gemak te maak. Die toepassing herinner die eienaar wanneer onderhoud gedoen moet word, wat ’n langer gebruiksduur verseker.

Die FELCO Power Blade is toegerus met ’n nuut ontwerpte, duursame X-PRO-snykop. Die lem en aambeeld is heeltemal nuut ontwerp en word van snelsny-staal vervaardig. Dit verseker dat die lemme langer skerp bly en nie maklik breek nie.

Wanneer die FELCO Power Blade deur die toepassing met jou slimfoon of tablet gekoppel word, kan die opening van die skêr se bek dadelik gestel word om 50-100% van die moontlike wydte oop te maak. Dit bespaar krag en kan dien as ’n kalibrasie om te keer dat snoeiers takke wat te groot is, snoei.

Die toepassing verskaf statistieke oor snitte en tye en verseker ook dat die korrekte diens-intervalle gevolg word.

Drie modelle is ontwikkel, die FELCO Power Blade 802, 812 en 822, met ’n snitvermoë van 1-45 mm. Die drastelsel is ook herontwerp sodat dit ligter is en meer lugsirkulasie verseker vir optimale gemak en produktiwiteit.

Die skêre kan toegerus word met verskeie bykomstighede, soos verlengstukke, snykoppe, holsters en slypstene.

PRYS: Op aanvraag.

NAVRAE: Mnr. Frans Laubscher, 021 905 1890, 082 868 5008.