Die kamera en sy toerusting is draagbaar. Alles wat nodig is, kan agter op ’n bakkie vervoer word na die plek waar die waarneming gedoen moet word.

Die sonkamera is in verskillende opsies beskikbaar. Die een op die foto is ’n kragtige kamera op ’n 3 m-mas met spankabels.

Die kamera kan ronddraai en inzoem met ’n sterk 25x-lens. Die kamera kan vanaf ’n selfoon of rekenaar beheer word, of opgestel word om self waar te neem op ’n roete van jou keuse. Snags kan mense tot 350 m ver waargeneem word en bedags tot op 1 000 m.

Die beeldmateriaal kan op ’n selfoon of rekenaar waargeneem en op ’n ingeboude SD-kaart opgeneem word. Die stelsel is toegerus met twee sonpanele van 100 W (wat toevou in ’n tassie) en twee 12 V-batterye van 100 Ah.

Die kamera kan dus in die veld bly staan vir so lank dit nodig is. Dit is beskikbaar in verskillende materiale, waaronder vlekvrye staal.

PRYS:

Op aanvraag.

NAVRAE: Mnr. Carl vor Graszouw, carl@desert-wolf.com; 082 520 1918

Ontvang die nuutste landbounuus en -raad in verskeie bedrywe - teken HIER in vir een van ons nuusbriewe.