Promosie-artikel:
As jy al ooit gedroom het om 'n vlieënier te word van jou eie bekostigbare vliegtuig waarmee jy oesbespuiting vanuit die lug kan doen, dan is die Bat Hawk die ligte vliegtuig wat daardie drome 'n werklikheid kan maak. Dit is 'n ten volle toegeruste vliegtuig wat in Nelspruit gebou is en is elke boer se antwoord op 'n bekostigbare lug-oesbespuitingsvliegtuig.

Met 120 perdekrag het die Bat Hawk ongeëwenaarde werkverrigting wat dit ook in staat stel om gebiede te bespuit wat ontoeganklik is vir groter oesbespuitingsvliegtuie.

Kenmerke
Die gemiddelde bespuitingspoed is rondom 110 km per uur en die vliegtuig dek 'n strook van sowat 16 meter. Dit kan aangepas word volgens die boer se spesifieke behoeftes. Die spuittoerusting bestaan uit ses windaangedrewe Micronairs met 'n maksimum volume van 6 liter per minuut elk. Die spuitbalk word onder die vlerk en uit die pad van die vlerklugvloei (vortex) gemonteer. Dit gee die vliegtuig 'n baie netjiese en ongestoorde spuitwydte met 'n ongekende eweredige druppelverspreiding. Daar is 'n 12V-drukpomp met 'n aktiveringskakelaar op die “joystick” vir eenvoudige aktivering wat die vlieënier in staat stel om die boer se chemiese stowwe op 'n akkurate wyse te kan bespuit. 'n Aanboord-GPS en volume-sakrekenaar is ook beskikbaar vir doeltreffende bespuitingspatrone sodat die vlieënier presies weet waar hy laaste gespuit het en so chemiese vermorsing uitskakel.

Die vliegtuig self is baie geskik vir die doel van bespuiting en omdat dit kan land en opstyg in minder as 100 m. Die vliegtuig het ook die vermoë om regtig stadig te vlieg sodat die boer meer chemikalieë per hektaar kan spuit. Die vliegtuig kan gebruik word vir patrollering van sy plaas as hy nie spuit nie. Dit het ook die vermoë om vinnig van plaas tot plaas te kan vlieg in 'n reguit lyn teen  80 knope of /150 km om ander boere by te staan in tye van nood of om hulle plase te patrolleer of te bespuit.

Die Bat Hawk-lug bespuitingsvliegtuig word gebruik omdie volgende uit die lug toe te dien :

• Folicur swamdoders

• piretroïed-insekdoder

• rypmaking-stowwe bv. by suikerietplantasies

• onkruiddoders

Wanneer die Bat Hawk nie gebruik word om gewasse te spuit nie, kan boere die vliegtuig vir teen-stropery, watergat-monitering, grens- en heiningpatrollering, erosiebeheer en opsporing van verlore diere inspan. 'n Brandende vuur kan uit die lug gemonitor word en belangrike inligting kan deur die vlieënier na die grondpersoneel herlei word met radio-kommunikasie. Besproeiingstelsel-lekkasies kan maklik uit die lug raak gesien word, asook algemene toesighouding.

Enkele Bat Hawk-spesifikasies : Algehele lengte – neus tot stert 18,19 voet (5,544 meter). Maksimum brandstof: 80 liter 123,0 pd (56 kg). Maksimum totale gewig: 1204,2 pd ( 540 kg). Vlugspoed: 77 knope. Vlerkspan: 9,50 m. Hoogte: 3,20 m.

Een sitplek is maklik verwyderbaar en die gewas-spuittenk word daar geïnstalleer. Opsionele instrumentasie kan geïnstalleer word om die vlieënier in staat te stel om uitlaat-temperature te monitor.

Die koste van die vliegtuig is R382 000, BTW uitgesluit en die volledige spuitstelsel met GPS-toediener en volume-sakrekenaar, 6 Micronairs , 2 spuitbalke, 'n 130 liter-tenk en pomp kos 'n bykomende R82 000, BTW uitgesluit. Die kleure van die dekron en patroon kan aangepas word volgens die eienaar se voorkeur. Kamoefleerkleure is ook beskikbaar.

Gaan na ons webwerf of kontak ons vir meer inligting oor die Bat Hawk-oesbespuitingsvliegtuig. Terry Pappas: 082 828 6706 of Andrew Pappas: 082 338 9848. E-pos: info@bathawk.co.za.
Webwerf: www.bathawk.co.za.