Mnr. Rudi Wium, Wenkem-konsultant op Malmesbury, het onlangs in die Swartland ’n proef saam met Villa Crop Protection en mnr. Michael Orsmond van Orsmond Aviation (vlieënier op die foto) gedoen om te bepaal of dit dienlik kan wees om soggens te spuit wanneer plante nat is weens dou.
Die doel van die proef was om die mate van afloop te bepaal en vas te stel hoe doeltreffend die chemiese middel opgeneem word wanneer ’n trekker teen 150 liter water per hektaar en ’n vliegtuig teen 30 liter water per hektaar sistemiese swamdoders spuit. Die bespuiting met die trekker en die vliegtuig is die middag in ideale omstandighede herhaal om as vergelyking te dien.
“Ons het een dag ná die bespuiting blaarmonsters getrek van die vlagblaar en vlag minus een, aangesien dit die blare is wat hoofsaaklik doudruppels vashou. Dit is ook die vernaamste blare wat die chemiese middel met die laat swambespuiting moet opneem.
“Hierdie blare is gevries en na ’n laboratorium gestuur wat die residu-ontledings gaan doen om te bepaal hoeveel van die chemiese middel tydens al die verskillende spuittoestande opgeneem is. Videokameras is tydens die bespuiting van die koring gebruik om visueel die effek van afloop te sien,” sê Wium.
Teken in en kry onbeperkte toegang tot 11 Afrikaanse tydskrifte en 35 koerante. Alles op een plek.
KIES JOU PAKKET
LANDBOUWEEKBLAD EN NETWERK24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier