Dit laat winkelgroepe toe om noodsaaklike instandhoudingswerk beter te voorspel en te skeduleer.

Luidens ’n verklaring deur Danfoss help dié tegnologie handelaars om instandhoudingswerk aan ys- en vrieskaste by ál hul winkels betyds te laat doen en te verminder.

Volgens mnr. Jürgen Fischer, voorsitter van Danfoss Cooling Segment, kan dit onbeplande tye uitskakel waartydens verkoelingstelsels nie werk nie, en ondoeltreffende energieverbruik takel.

Die tegnologie is oorspronklik deur Honeywell ontwikkel.

Dit identifiseer bedryfsprobleme, byvoorbeeld ’n kompressor wat ingee, of ys wat om spesifieke onderdele aanpak. Praktiese voorstelle word gemaak oor hoe om dit herstel. Wanneer tegnici ontbied word om instandhoudingswerk te doen, kan hulle ’n lys van take op grond van beskikbare data kry.