Die onderneming se termiese radarkameras bestaan uit verskillende modelle vir verskillende oplossings en bied deurlopende 360°-omgewingswaarneming. Dit kan verskeie teikens gelyktydig opspoor.

Die kameras word op ’n hoë mas geïnstalleer en tel beweging dadelik op. Dit kan mense op sowat 500 m waarneem, voertuie op 1,5 km en brande tot omtrent 5 km.

Daarmee saam bied StratTech die Community Alert-beveiligingstelsel vir enkele boerderye of ’n uitgebreide gemeenskap. Die onderneming skenk gratis bevel-en-beheersagteware, asook reaksiesagteware vir gemeenskappe in gevalle van nood.

Wanneer iemand sy paniekknoppie druk, kry die reaksie-eenhede (wat bure kan wees) dadelik ’n harde alarm met die presiese ligging en besonderhede van die mens wat hulp benodig. Só kan individue, gemeenskappe, die polisie of private sekuriteitsmaatskappye optree om die gemeenskapslid te beveilig.

StratTech spesialiseer ook in ander gesofistikeerde waarskuwingstelsels, gevorderde kamera-, video- en video-opname-oplossings met kunsmatige intelligensie, bestuursoplossings, nywerheidshommeltuie vir sekuriteit, toesig en boerderydoeleindes, asook onsigbare sintetiese DNS.

PRYSE: Op aanvraag. 

NAVRAE: Me. Elmarie Briedenhann, e-pos: elmarieb@stratit.co.za, 083 631 3825.