Mnr. Kobus Theron, hoofbestuurder van Africa Tanks op Cullinan, het in ’n onderhoud met Landbouweekblad op die Nampo-oesdag gesê die drielaagwatertenks wat plaaslik deur die maatskappy vervaardig word, bied nou aan boere verskeie opsies om water op te gaar. “Die drie lae op die tenk, bestaande uit ’n UV-bestande buitelaag, ’n swart laag om teen sonlig te beskerm en sodoende algegroei te beperk en laastens ’n voedselgraad-HDPE-laag help om water langer vars te hou. Boonop word die tenks toegerus met ’n siffie van vlekvryestaal op sy oorloop om te voorkom dat insekte die tenk daardeur kan binnekom. ’n Bykomende 450 mm-filterskerm kan ook tussen die opskroefdeksel van die tenk en die tenk self aangebring word om blare en ander materiaal uit te hou, asook insekte en knaagdiere,” het hy gesê.

Die tenks word met ’n unieke blaasgietmetode vervaardig. Die maatskappy het die grootste blaasgietmasjien in Afrika. Dit voorkom dat tyd onnodig in die produksieproses vermors word. Africa Tanks se unieke ribontwerp op die tenks bied ook meer stabiliteit en ’n sterker raamwerk. Die maatskappy vervaardig ses verskillende tenkreekse en groottes wissel van 1 600 liter tot 5 000 liter.

watertenks,
Die unieke ontwerp van Africa Tanks se watertenks maak hulle sterker en duursamer. Foto: Gerrit Bezuidenhout


© MessengerPeople

Ontvang die nuutste landbounuus en -raad in verskeie bedrywe - teken HIER in vir een van ons nuusbriewe.