BKT het die JCB Fastrac-trekker met spesiaal ontwerpte bande toegerus om ’n plek in die Guinness World Records los te slaan. Die Fastrac bied kraglewering van 758 kW en is toegerus met ’n herontwerpte onderstel en aandryfstelsel, asook spesiale BTK-bande wat geskik is vir snelhede van meer as 240 km/h.

Om die wêreldrekord te verbeter het BKT nou met JCB se ingenieurspan saamgewerk om ’n tegnologies gevorderde trekker te bou wat hoë snelhede en vragte kan baasraak. Die band is ’n spesiaal ontwerpte 400/80 R 28 Ridemax IT 696. Dit is gegrond op die tipe bande wat normaalweg in nywerheidstoepassings gebruik word en geskik is vir snelhede van tot 65 km/h op teerpaaie.