Practical Aquaponics het verskeie modulêre stelsels en toerusting om jou eie hidroponiese stelsel in kombinasie met ’n visboerdery op te rig. Só kan jy self groente kweek en visse teel.

Die maatskappy bied kleiner, selfdoeneenhede wat maklik in jou agterplaas opgeslaan kan word, maar ook groot eenhede vir kommersiële boere. Al die onderdele vir die stelsels word verskaf.

Die eenvoudigste en kleinste stelsel, die EnLe0.1 220V 65W- Mini Aquaponics System, kan saam met ’n alleenstaande vistenk opgerig word, of saam met een van Aquaponics se vistenke. Dit behels ’n staalstaander waarin die plante gekweek word en wat aan die res van die akwaponiese stelsel gekoppel word.

Die Nederlandse bakstelsel is beskikbaar in 10 bakke van 10 liter elk of 20 bakke van 10 liter elk. Die pakket behels die bakke, besproeiingsinlate, -uitlate en seëls, asook ’n outomatiese pulsbesproeiingstelsel met ’n pomp van 20 W. Groter pakkette is vir kommersiële boere beskikbaar.

Die stelsels word ontwerp om die minimum energie te gebruik. Dit kan aan alternatiewe kragbronne gekoppel word. Die maatskappy bied verskeie opleidingskursusse vir beginners, voornemende stadsboere of diegene wat op groot skaal akwaponiese produkte wil produseer.

PRYS: Vanaf R4 500. 

Navrae: Mnr. Martin Fick, 083 2784 201; web: www. practicalaquaponics.co.za

Ontvang die nuutste landbounuus en -raad in verskeie bedrywe - teken HIER in vir een van ons nuusbriewe.