Dit beteken die aantygings van United Exports wat daartoe gelei het dat beslag gelê is op twee vraghouers met bessies van Ross Berries, was vals.

’n Onafhanklike ondersoek deur die maatskappy International Fruit Quality Surveyors is gedoen op versoek van Freshworld, die maatskappy wat die uitvoer van die bessies namens Ross Berries behartig het. Mnr. Willem van Heerden, Ross Berries se regsverteenwoordiger, sê die ondersoek was noodsaaklik om te bepaal of die bessies nog bemarkbaar is.

Eise tydens arbitrasie ingestel

“Talle bessies is beskadig. Ons sal egter die vergoeding vir hierdie skade, asook die gevolge van die valse aantygings aanpak in die arbitrasie-saak tussen Ross Berries en United Exports, wat vroeg volgende jaar plaasvind.”

bloubessies Ross Berries
1. In hierdie skermgreep van die verslag van International Fruit Quality Surveyors is van die bloubessies van Ross Berries waarop op 26 Oktober in Rotterdam beslag gelê is, klaarblyklik nie meer in ’n goeie toestand nie

Die bessies wat bemark kon word, is steeds bemark, maar volgens die verslag, wat in Landbouweekblad se besit is en foto’s insluit, is skade aan die vrugte duidelik sigbaar. Die vrugte moes weer gesorteer en herverpak word.

Luidens ’n verklaring sê mnr. Chris Rossouw, eienaar van Ross Berries en voormalige Springbokrugbyspeler, hierdie voorval laat ’n bitter smaak in die mond. “Ons optrede is geregverdig en ons onskuld op elke aanklag is nou bewys. Dit is ’n bitter-soet oorwinning, want die ganse aangeleentheid het van die staanspoor af geen meriete gehad nie. Die bloubessiebedryf in Suid-Afrika ly egter nou hieronder en uitvoerders is huiwerig om ons vrugte te aanvaar. Die markte moet nou weer hul vertroue in die Suid-Afrikaanse bloubessiebedryf herwin. Hierdie tipe onderduimse optrede moet uitgewis word om te verseker dat produsente die vertroue het om verder in die bedryf te belê.”

bloubessies ross berries
2. Volgens mnr. Jon Salters, uitvoerende hoof van United Exports, was die beskerming van United Exports se intellektuele eiendom die rede waarom op twee vraghouers in Rotterdam geslag gelê is. Mnr. Willem van Heerden, Ross Berries se regsverteenwoordiger, sê hierdie skermgreep van die foto’s in die verslag van International Fruit Quality Surveyors bewys dat United Exports se intellektuele eiendom nooit geskend is nie, aangesien geen van sy handelsname of kultivarname gebruik is nie
bloubessies ross berries
2. Volgens mnr. Jon Salters, uitvoerende hoof van United Exports, was die beskerming van United Exports se intellektuele eiendom die rede waarom op twee vraghouers in Rotterdam geslag gelê is. Mnr. Willem van Heerden, Ross Berries se regsverteenwoordiger, sê hierdie skermgreep van die foto’s in die verslag van International Fruit Quality Surveyors bewys dat United Exports se intellektuele eiendom nooit geskend is nie, aangesien geen van sy handelsname of kultivarname gebruik is nie

Klasaksie op pad

Rossouw sê talle ander produsente het hom gekontak en bedank vir die mate waartoe Ross Berries teen United Exports opstaan. Die geding tussen Ross Berries en United Exports is ’n aansporing vir die totale bedryf om die struktuur van tantième, produksie- en uitvoerkontrakte in heroënskou te neem.

“Tantième moet beslis betaal word, maar dan moet die regte prosedure gevolg word. Dit sluit in die uitvoer en bemarking van vrugte en tans is dit waar baie produsente se hande agter hul rug vasgebind is. As gevolg hiervan ondersoek ’n groep produsente nou ’n groepsgeding.”