Volgens die nuusplatform Kryptoszene stel 70% van Duitsers van 18-35 jaar oud daarin belang om ’n veganistiese dieet te volg. Interessant genoeg, die belangstelling onder mans is teen 58% besonder hoog.

Dit het verlede jaar in Duitsland tot verkope van €993 miljoen (sowat R17,5 miljard) van sulke produkte gelei. In 2018 het hierdie syfer nog op €523 miljoen (sowat R9,2 miljard) gestaan.

Volgens Kryptoszene het ’n maatskappy soos die Rügenwalder Mühle-groep (wat reeds in 1834 gestig is) in 2014 sy eerste vleisvrye produk op die mark geplaas, en sedertdien die een ná die ander rekord in verkope gesien. Belangstelling in veganistiese produkte het die aandeelpryse van maatskappye soos Beyond Meat en Tofutti Brands die hoogte laat inskiet.