Hy skryf dit toe aan die warm, droë klimaatstoestande wat gedurende die lente en vroeë somer geheers het.

“Gewoonlik begin ons Tommy Atkins-mango’s teen 20 Desember in hierdie omgewing pluk,” sê hy, maar vanjaar was sy vrugte op Deerpark waar hy boer, teen einde November al gereed om te pluk.

Vir boere in die Letaba-produksiestreek rondom Tzaneen is dit ’n welkome meevaller, want hul vrugte is gewoonlik eers sowat vier weke ná die Onderberg-produksiestreek se vrugte gereed. “Ons kon dus hierdie een keer dieselfde prysvoordeel van vroeë vrugte geniet as boere by Malelane,” sê Buys.

Buiten dat die Letaba-vrugte vanjaar saam met die Onderberg en Hoedspruit se vrugte ryp was, is daar vanjaar ook minder mango’s as gevolg van die droogte. Dit dra by tot beter pryse.

Buys sê in sy eie boerdery hou die vroeër oes ook die voordeel in dat hy sy ouer bome vanjaar aggressief kan terugsnoei met die wete dat daar nou genoeg tyd is om nuwe takke te maak waaraan volgende jaar se oes sal hang. “In hierdie moeilike klimaatstoestande moet mens jou maar aanpas by die natuur en die beste van elke situasie maak,” sê hy.

mango
Danksy vanjaar se vroeë oes kon mnr. Pieter Buys sy mangoboorde op Deerpark buite Tzaneen aggressief snoei met die wete dat daar genoeg tyd is vir nuwe groei voor die volgende blomtyd. Foto: Jasper Raats
mango,
Mnr. Pieter Buys, voorsitter van die Suid-Afrikaanse Mangokwekersvereniging. Foto: Jasper Raats