Die mutasies is in 2011 in twee boorde gevind. Mnr. Robert Zulch, appelboer van Wakkerstroom in die Witzenbergvallei by Ceres, het daarvan in een van sy boorde gevind, terwyl mnr. Buks Nel van die Tru-Cape-vrugtebemarkingsmaatskappy daarvan by Elgin opgespoor het. Zulch en Tru-Cape het verlede jaar gesamentlik planttelersregte vir die mutasies bekom. Fuji-appels is oorspronklik in 1939 in Japan geteel.

Terloops, Zulch en Nel het ook die verbeterde rooi Gala-kultivars opgespoor. Zulch het die Royal Beaut- kultivar in 1990 opgespoor, terwyl Nel die Bigbucks- kultivar in 2011 opgespoor het. “Ons belangstelling in nuwe appelkultivars het in 1989 begin terwyl ek en Buks deur Europa gereis het om hulle te soek,” vertel Zulch.

Plaaslike lisensies vir Fuji Royal kan deur die Suid-Afrikaanse Plantverbeteringsorganisasie (Sapo) bekom word. Hulle kan gekontak word by 021 887 6823 of stuur 'n e-pos na info@saplant.co.za.


Ontvang die nuutste landbounuus en -raad in verskeie bedrywe - teken HIER in vir een van ons nuusbriewe. Volg ons op WhatsApp om daaglikse landbounuus op jou selfoon te ontvang.