Die wenners van dié jaarlikse kompetisie is op Donderdag 29 Augustus by die Lanzerac-landgoed in Stellenbosch aangekondig.

Nog ’n noemenswaardige wenner vanjaar is Wildekrans, die enigste produsent wat in die Absa Toptien-Pinotage-toekennings én die Perold Absa Kaapse versnit-toekennings een van die wenners was.

Die Perold Absa Kaapse versnit-toekennings vier versnitte wat hoofsaaklik uit Pinotage bestaan. Wynmakers wat daaraan deelneem, gebruik hul beste Pinotage en ander kultivars vir hul Kaapse versnit-wyne.

Vir me. Tina Playne, Absa se uitvoerende bestuurder van sektore en segmente-verhouding, is ’n belangrike aspek van hierdie kompetisie ook hoe Absa, deur sy verhouding met Pinotage, die totale Suid-Afrikaanse wynbedryf ondersteun, tot voordeel van alle betrokkenes. “Die sinergie wat met Kaapse versnit-wyne bereik word, verskil nie te veel van die verhouding tussen Absa en die Pinotage-assosiasie nie.”

Mnr. De Wet Viljoen, ondervoorsitter van die Pinotage-assosiasie, sê wynmakers geniet dit om hulself uit te druk met hierdie meesterstukke, elkeen uniek. “Die versnitte bewys hoe wynmakers verskillende veranderlikes kan bestuur om uiteindelik wyne van wêreldgehalte te maak.”

Hy sê dat die gehalte weer verstommend was, met balans, elegansie en struktuur in oorvloed.

Die volledige lys wenners is:

  • Asara Vineyard Collection Cape Fusion 2016 (WO Stellenbosch: Shiraz, Pinotage, Malbec. Wynmaker – me. Janette van Lill).
  • Clos Malverne Spirit of Malverne Limited Release 2015 (WO Stellenbosch: Pinotage, Cabernet Sauvignon, Shiraz, Malbec. Wynmaker- mnr. IP Smit).
  • Kaapzicht Steytler Vision 2017 (WO Stellenbosch: Cabernet Sauvignon, Pinotage, Merlot. Wynmaker – mnr. Danie Steytler).
  • KWV Abraham Perold Tributum 2012 (WO Kusgebied: Pinotage, Cabernet Sauvignon, Shiraz, Petit Verdot, Petit Sirah. Wynmaker – me. Izélle van Blerk).
  • Wildekrans Cape Blend Barrel Select Reserve 2016 (WO Botrivier: Pinotage, Cabernet Sauvignon, Pinot Noir, Shiraz. Wynmaker – mnr. Braam Gericke).
Cape Blend,
Die wenners van die Perold Absa Kaapse versnit-toekennings. Foto: Verskaf

Ontvang die nuutste landbounuus en -raad in verskeie bedrywe - teken HIER in vir een van ons nuusbriewe. Volg ons op WhatsApp om daaglikse landbounuus op jou selfoon te ontvang.