L’Avenir, Sanzaar en Mitsubishi het saamgespan om geld en toerusting in te samel vir sportontwikkeling op Stellenbosch. Dit was deel van die Sanzaar-skeidsregters se voorseisoense voorbereidingsessie, wat op L’Avenir plaasgevind het.

Die wynplaas se sportontwikkelingsprojek word onder meer ondersteun deur Jaco Peyper, Wêreldrugby-skeidsregter, en Philip Snyman, voormalige Blitsbok-kaptein.

“Die L’Avenir-sportontwikkelingsprojek is werklik inspirerend. Ek hoop ons sal binnekort ’n internasionale sportster (of skeidsregter) sien danksy die projek se merkwaardige pogings,” het Glen Jackson, voormalige Nieu-Seelandse rugbyspeler en Wêreldrugby-skeidsregter, gesê.