Mnr. Roger Horak, internasionale uitvoerende hoof van United Exports, sê die oogmerk met hierdie stap is om talent en kundigheid in die bedryf te verseker. “In die huidige maatskaplik-ekonomiese omgewing is dit belangrik vir United Exports om die leiding te neem en jong mense te ondersteun deur hul studie te help finansier, maar ook deur volhoubare werkgeleenthede te skep.”

Internskap

Die agt studente sal die geleentheid kry om op United Exports se plase navorsing te doen. Hulle gaan ook vir ’n jaar die geleentheid kry om hul vaardighede te ontwikkel ten opsigte van menslike hulpbronbestuur, finansies en inligtingstegnologie op ’n OZblu-plaas.

Drie van die agt gegradueerde studente wat besig is met hul internskap, het in die Wes-Kaap gestudeer, twee kom van Limpopo en een elk van KwaZulu-Natal, Noordwes en Gauteng.

“Deur die OZblu-akademie strewe United Exports daarna om die leier te wees in die Suid-Afrikaanse landbou ten opsgte van volhoubaarheid, die omgewing, maar spesifiek ook transformasie,” sê Horak. “ ’n Verdere R1 miljoen is deur die OZblu-akademie bewillig om nog 27 studente te finansier om graad- en diplomakursusse te voltooi. Hierdie studente is met die hand uitgesoek om seker te maak dat ons hulle regdeur hul studie en met werksondervinding sal kan ondersteun.”

Roger Horak,
Mnr. Roger Horak, uitvoerende hoof van United Exports. Foto: Verskaf


Ontvang die nuutste landbounuus en -raad in verskeie bedrywe - teken HIER in vir een van ons nuusbriewe.