Luidens ’n verklaring deur die US het Mugwagwa prosesse ontwikkel en geoptimaliseer om die nodige bio- of natuurlike polimere en antioksidante aan koringstrooi en mangoskille te onttrek om voedselverpakkingsmateriaal te kan maak. Sy het ook ’n bioverpakkingslaag ontwikkel en getoets om te kyk hoe dit reageer wanneer dit met voedsel in aanraking kom.

“Die biogebaseerde lae het meer anti- oksidante oor ’n kort tyd in voedsel vrygestel vergeleke met poli-etileenplastiek van laedigtheid. Dit dui daarop dat dit as ’n plaasvervanger vir die verpakking van bederfbare produkte gebruik kan word,” sê Magwagwa, ’n nadoktorale navorser aan die departement prosesingenieurswese.

Sy sê verpakkingsmateriaal se vermoë om antioksidante in voedsel vry te stel, word ’n belangrike oorweging.

“Verpakkingsmateriaal wat antioksidante in voedsel kan vrystel in reaksie op opbergingstoestande, kan die rak- lewe van produkte verleng. Dit is omdat die antioksidante onversadigde radikale en mikro-organismes teenwerk wat kan ontwikkel indien voedsel nie behoorlik opgeberg word nie, of vir langer tydperke opgeberg word.”

Mugwagwa sê die voedselverpakkingsmateriaal wat in haar studie voorgestel word, kan ideaal wees om petroleum- gebaseerde verpakkingsmateriaal wat skade- lik vir die omgewing is, te vervang. Sy reken ook dit is relatief goedkoop en volhoubaar om te produseer.

Volgens haar kan biosuiweringsaanlegte, die voedselverpakkingsbedryf, boere en verbruikers by haar navorsing baat vind.