Die Little Farm-stelsel (LF-One), wat deur die varsproduktemaatskappy Urban Cultivation ontwikkel is, kan ook vars produkte aan kafees, restaurante en selfs opvoedkundige projekte lewer.

Dit is die eerste in sy soort in Suid-Afrika. Die stelsel is ontwerp om besmetting deur bakteriese organismes te voorkom, en geen plaagdoders word benodig nie.

Hierdie veilige, doeltreffende, vertikale miniplaas kan op enige plek geïnstalleer word, selfs in die kombuis. Dit is ’n hidroponiese stelsel waarmee ’n wye verskeidenheid plante – eetbare en nie-eetbare blomme, kruie, blaargroente, aarbeie en broccoli – gekweek kan word.

Die raam word uit aluminium vervaardig, wat dit duursaam maak. Dit is maklik om die stelsel aanmekaar te sit. Die LF-One word standaard toegerus met ’n programmeerbare beheerstelsel wat die LED-beligting outomaties deur die groeiproses bestuur.

Dit kan ook met ’n sonpaneel toegerus word. Benewens die voordeel dat meer voedsel op ’n kleiner oppervlakte geproduseer kan word, gebruik vertikale groeistelsels, soos die LF-One, minimale hoeveelhede water met net die regte hoeveelhede voedingstowwe om produksie te verbeter.

Prys: R9 500. NAVRAE: Urban Cultivation, 012 991 8404; web: www.urbancultivation.co.za