Mnr. Gerhard van den Berg is diekliëntediensbestuurder van die maatskappy CHEP Suid-Afrika. Hy sê een van die grootste probleme met kartonhouers is die manier waarop piesangs in die bokse rondskuif weens vibrasies op die pad.

“Ons moes vir hierdie vrug- skade en ook temperatuurbeheer in ons ontwerp voorsiening maak.” Die oplossing was ’n herbruikbare plastiekpiesangkrat wat deur CHEP se sustersmaatskappy, IFCO, vervaardig word.

Ná ’n reeks toetse om temperature te monitor en vrugskade te bepaal, was IFCO tevrede dat die kratte die vibrasies van die pad goed weerstaan en dat voldoende lugvloei die vrugte koel hou. Die piesangs het aan die einde van die rit net so goed gelyk as aan die begin.

Boonop sê handelaars die vrugte wat in die plastiekkratte vervoer is, het ’n beter rakleeftyd as vrugte in kartonhouers van dieselfde kwekers af. “Deur eenrigtingverpakking te vervang met herbruikbare kratte verklein piesangkwekers hul impak op die omgewing en raak hul ondernemings doeltreffender,” sê Van den Berg.

Prys: Op aanvraag.

Navrae: Chep Suid-Afrika, tel. 0800 204 210.

Ontvang die nuutste landbounuus en -raad in verskeie bedrywe - teken HIER in vir een van ons nuusbriewe.