Brink het dié streek die afgelope 12 jaar verteenwoordig.

Oranjerivier-wynkelders, met sowat 600 produsentelede en ’n jaarlikse produksie van sowat 60 miljoen liter wyn en druiwesapkonsentraat, is die naasgrootste koöperatiewe wynkelder in die Suidelike Halfrond. Du Plessis staan sedert 2018 aan die stuur van sake van dié groot onderneming.

Mnr. Anton Smuts, Vinpro-voorsitter, het sy dank teenoor Brink uitgespreek vir sy diens oor die afgelope meer as ’n dekade.

“Ons is opgewonde om Charl se kundigheid by die Vinpro-raad te voeg sodat ons tesame die organisasie en die wynbedryf kan uitbou.”

Vinpro verteenwoordig ongeveer 2 600 wyndruifprodusente, kelders en wynverwante ondernemings.