Dit is op die plaas en op die eindpunt waar dit verkoop word.

Intussen het daar het dadels gekom van die SAKV se pogings om die departement van landbou, bosbou en visserye by die bekamping van vrugtediefstal te betrek.

“Ons het vroeër twee moontlike maatreëls geïdentifiseer wat ons gehoop het om te gebruik in die stryd teen vrugtediefstal. Ons het gehoop om onvolwasse vrugte op markte te onderskep en teen die verkopers daarvan op te tree. Ook om vervoerpermitte vir vrugte na te gaan in gebiede waar die verspreiding van die oostelike vrugtevlieg bekamp word,” het Ernst op ’n onlangse vergadering van die Letaba-avokadostudiegroep gesê.

’n Maatskappy wat aangestel is om die volwassenheid van vrugte op varsproduktemarkte te inspekteer, het onlangs ’n vrag verdagte vrugte in die Wes-Kaap onderskep en getoets. Dit moes na regte van die markvloer verwyder word.

“Toe ons weer sien, het department ingetree en toegelaat dat die vrugte verkoop word. Die persoon wat die vrugte probeer verkoop het, het aangevoer dat hy dit op regmatige manier bekom het,” sê Ernst.

“Ons is besig om stappe te doen teen die departement en die markagent wat doelbewus onvolwasse vrugte ingeneem en bemark het.”

Wat die oosterse vrugtevlieg betref, kom dit nie in die Oos-Kaap, Wes-Kaap en Vrystaat voor nie en dit is dus die enigste plekke waar ’n permit vir toegang tot die provinsie vereis word. Ten spyte daarvan hou die departement vol hy het nie die mannekrag om die permitte na te gaan nie.

“Daar is dus geen alternatief as om ons plase self te beveilig en diefstal te bekamp waar ons kan nie,” sê Ernst. “Ons moet as gemeenskappe en in die omgewing waar ons boer bymekaar staan en deel word van veiligheidstrukture. Dit gaan nie net oor diefstal nie, maar ook oor elkeen van ons se veiligheid.”

Aan die afsetkant hou die SAKV aan om die volwassenheid van vrugte op varsproduktemarkte te monitor, terwyl daar ook meer verbruikersopleiding gedoen word. 

“Ons moedig verbruikers aan om te vra waar vrugte vandaan kom en bewus te wees van die feit dat daar gesteelde vrugte op die mark kan wees. Hulle moet dus by betroubare handelaars koop.”

Ontvang die nuutste landbounuus en -raad in verskeie bedrywe - teken HIER in vir een van ons nuusbriewe. Volg ons op Whatsapp om daaglikse landbounuus op jou selfoon te ontvang.