“Rooi appels het sonlig nodig om die skil rooi te kleur en in hierdie geval is die sonlig deur ’n tak en blare afgekeer wat die kleurvorming op die skil verhinder het.”

Luidens ’n verklaring is hierdie appel op die plaas Dennekruin in die Witzenbergvallei gepluk. Volgens mnr. Henk Griesel, die gehalteversekeringbestuurder van Tru-Cape, is dit baie ongewoon om so ’n perfekte natuurlike etsing van ’n tak en blare op ’n appel te vind. “Ons het al vantevore plakkers op die appels geplak om hierdie effek te kry, maar ek het nog nooit so ’n perfekte natuurlike voorbeeld gesien nie.”

Pink Lady appel
Me. Melina Christodoulides met die appel. Foto: Verskaf