Die planter word in voorbereide saadbeddings gebruik en kan gekalibreer word om tot 30 mm diep te kan plant. Die saadkalibrasie geskied volgens die aantal gaatjies in die saadplaat.

Die planter kan gebruik word om ’n wye verskeidenheid groentesaad aan te plant, van wortels, uie, beet, botterskorsies, bone en suikermielies tot gewasse in die Brassica-familie, soos kool.

Die planter word uit duursame staal vervaardig vir ’n lang gebruiksduur en dit kan maklik onderhou word. Die planter weeg 18 kg en is 77 cm hoog.

Die gebruikersvriendelike ontwerp help om maklik en vinnig met die plantproses aan die gang te kom. Die Eden-Equip-groenteplanter word verskaf met vier verskillende saadplate om saad van verskillende groottes te kan plant.

Pasgemaakte groentesaadplanters kan ook op versoek vervaardig en verskaf word.

Prys: R5 080. NAVRAE: E-pos: info@eden-equip.co.za, Web: www.eden-equip.co.za, 082 728 1213