Mnr. Riaan Strydom van die Bokmakierietrust-boerdery se dogter, Vicky-lee Strydom, loop hier deur die Krakeelrivier, wat met die eerste reën vroeg in Oktober afgekom het. Die rivier se water loop uiteindelik in die Kougadam.

Strydom het teen 12 Oktober 160,2 mm gemeet op sy een plaas, wat aan die agterkant van die Tsitsikammaberge geleë is, 78,4mm op die Krakeel, en 66,7 mm op die plaas Tamie, noord van die R62 aan die Karookant van die Langkloof.

“Die bome bot baie beter as laasjaar en die winter was relatief natter as verlede jaar,” sê hy.