Hoewel amptelike syfers nog nie bekend gestel is nie, is ’n voorlopige uitvoervooruitskatting tydens verlede week se sitrus- beraad in Port Elizabeth aan die Sitrusbemarkingsraad voorgelê. Die vooruitskatting dui op ’n toename van 0,7%, of 2 miljoen kartonhouers, sedert die 2018-seisoen, toe Suid-Afrikaanse produsente vir die eerste maal meer as 2 miljoen ton, of 135 miljoen kartonhouers, gelewer het.

“Die sitrusbedryf het sopas twee agtereenvolgende rekord- oeste vir die uitvoermark beleef. Verlede jaar se oes het ’n inkom- ste van amper R19 miljard gelewer,” sê mnr. Justin Chadwick, uitvoerende hoof van die Suider- Afrikaanse Sitruskwekers- vereniging (SASKV).

veerkragtig

Luidens ’n verklaring van die SASKV is die groei ondersteun deur die sagtesitrus- en suurlemoenkategorie, maar is alge- hele groei ietwat gedemp deur ’n afname van 3% in die pro- duksie van valencia-lemoene. Valencia-lemoene maak tans die grootste deel, sowat 39%, van sitrusproduksie uit, gevolg deur nawellemoene (20%), suurlemoene (16%), sagtesitrus (13%) en pomelo’s (12%).

Volgens Chadwick kan die toename toegeskryf word aan die veerkragtigheid van die sitrus- bedryf, en sy vermoë om by tegniese veranderings aan te pas en struikelblokke te oorkom. “Die plaaslike bedryf is een van die land se belangrikste vrug- tegroepe wat waarde en volume betref. Dit lewer ’n jaarlikse inkomste van R20 miljard, waarvan 92% van uitvoer afkomstig is, en verskaf werk aan meer as 100 000 mense.”

Suid-Afrika se uitvoerprogram is tans die grootste verskepingsprogram in die Suidelike Halfrond, en klop selfs dié van Chili, sy grootste mededinger. Statistieke dui daarop dat uitvoer met 15% tot 20% kan styg oor die volgende drie jaar. Volgens Chadwick sal dié toename in uitvoer aanleiding gee tot meer én beter werkgeleenthede, ’n toename in buitelandse valuta en ekonomiese groei.

MARKTOEGANG

Mnr. Pieter Nortjé, voormalige voorsitter van die SASKV, het egter op die beraad die waar- skuwing uitgespreek dat indien Suid-Afrika nie die kwessie van marktoegang bevredigend gaan bylê nie, “is groter nie nood- wendig beter nie”.

Hy het ’n beroep op die regering gedoen om harder te werk om toegang tot China en Indië se markte te verseker, en beter toegang tot die Amerikaanse mark te beding. “Indien ons die kwessie van marktoegang doeltreffend kan aanpak, sal landelike stabili- teit, ’n hoër inkomste en transformasie die vanselfsprekende gevolge wees.”

Ontvang die nuutste landbounuus en -raad in verskeie bedrywe - teken HIER in vir een van ons nuusbriewe.