Die saadeenheid op die skotteleg kan 200 liter hou. Dit het ses uitlaatpype, elektriese aandrywing en is ideaal vir die plant van dekgewasse en gras.

Die skotteleg, wat ook afsonderlik gebruik kan word, het 12 skottels wat individueel in twee rye gemonteer is en optimaal werk teen 10 km/h tot 15 km/h. Dit is geskik vir vrugteboere wat ’n saadbedding vir dekgewasse op die wingerd- of boordvloer wil vestig. Die skotteleg het ’n waarborg van een jaar.

Prys: R113 850 (slegs saadeenheid).

Navrae: Mnr. Karel Jooste, e-pos: sales@agripieces.co.za, sel 072 364 0596.

Ontvang die nuutste landbounuus en -raad in verskeie bedrywe - teken HIER in vir een van ons nuusbriewe.