’n Gidsprojek is deur die munisipale watermaatskappy Emasesa van stapel gestuur, het die Britse koerant The Guardian onlangs berig.
Sowat 35 ton van die vrugte wat elke seisoen van die bome val, gaan gebruik word om metaan op te wek in ’n bestaande biobrandstofaanleg. Dit verskaf krag aan een van die stad se watersuiweringsaanlegte.
Uiteindelik word beoog om die groter elektrisiteitsvoorsieningstelsel van die stad met die krag te voorsien wat sodoende opgewek word. Na raming kan sowat 73 000 huise van krag voorsien word indien al die lemoene in die stad vir biobrandstof gebruik word.
Die lemoene wat die bome dra, is taamlik bitter en word nie juis net so geëet nie. Sowat 200 mense word in diens geneem om dit gereeld in die strate op te tel, waarna die vrugte op plaaslike vullishope gestort word.
Teken in en kry onbeperkte toegang tot 11 Afrikaanse tydskrifte en 35 koerante. Alles op een plek.
KIES JOU PAKKET
LANDBOUWEEKBLAD EN NETWERK24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier