Só sê mnr. Jacques Ehlers van die boerdery Two Rivers Citrus in die distrik Kirkwood.

Landbou.com het vroeër hierdie maand berig oor ’n reusesuurlemoen van meer as 730 g wat onlangs in ’n Eureka-suurlemoenboord naby Franschhoek geoes is. Ehlers se boord het ’n suurlemoen van meer as 900 g gelewer wat onlangs in hul pakhuis ontdek is.

Hy sê hulle vind sowat 20 van dié bielies in hul boorde in ’n jaar. Hulle boer met lemoene, suurlemoene en dadels. Die reusesuurlemoene is egter nie van veel nut nie. “Ons hou dit maar in die kantoor om ’n bietjie daarmee te spog en gooi dit dan weg as dit oud raak. Dit is maar net ’n snaaksigheid.”

Ehlers verduidelik daar is verskeie redes waarom suurlemoene soos dié nie aan die mark gelewer kan word nie. “Sulke groot suurlemoene is gewoonlik baie droog met ’n dik skil en min vlees. ’n Mens kan gewoonlik net drie van dié vrugte in ’n boks kry wat hulle ook onprakties vir verpakking maak.”

Ontvang die nuutste landbounuus en -raad in verskeie bedrywe - teken HIER in vir een van ons nuusbriewe.