Dís nou volgens die beoordelaars van die toonaangewende Concours Mondial du Sauvignon wat in Brussels, België, aangebied word.
Die Tokara Reserve Collection Sauvignon Blanc 2020 (R160 per bottel) het stof in die oë van 1 200 ander internasionale wyne geskop toe dit onlangs aangewys is as die beste Sauvignon Blanc van dié kompetisie.
Dit was die enigste Suid-Afrikaanse wyn wat ’n trofee ingepalm het.
Mnr. Stuart Botha het die wyn gemaak met druiwe uit Tokara se wingerde in Elgin, wat bekend is om sy koeler klimaat. “Die wyn kom van stellig die beste terroir in Suid-Afrika. Met dié terroir en ons span kan ons enigiets bereik.”
Teken in en kry onbeperkte toegang tot 11 Afrikaanse tydskrifte en 35 koerante. Alles op een plek.
KIES JOU PAKKET
LANDBOUWEEKBLAD EN NETWERK24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier