Dié maatskappy het twee jaar gelede bewys hy het respek vir die geskiedenis van sy produkte deurdat hy gesorg het dat die Witte Wijnappel, die eerste appel wat in 1662 die Kaap geplant is, na die Kompanjietuin in Kaapstad terugkeer.

Mnr. Roelf Pienaar, besturende direkteur van Tru-Cape, het in die insetsel vertel dat die maatskappy net so opgewonde oor die toekoms is, veral die veranderinge in kleinhandel en groei van aanlyn aankope.

Volgens hom is Tru-Cape, wat nou in sy 20ste bestaansjaar is, se sukses onder meer te danke aan die maatskappy se insig in wat sy kliënte in lande reg oor Afrika wil hê. Hy verken ook geleenthede in nuwe markte, onder meer China.

Kliek hier om te insetsel te kyk.