EVER S.r.l. word deur EVER Solutions in Suid-Afrika verteenwoordig. Die vennootskap is aangekondig kort voor internasionale Sauvignon blanc-dag op 7 Mei gevier word.

Botha sê die Sauvignon blanc SA-handelsmerk is die afgelope 15 jaar saam met sy platinumvennoot FNB uitgebou. Danksy die nuwe vennootskap sal dié kultivar, waarvan daar die meeste wyn uitgevoer word, nuwe hoogtes bereik.

“Sauvignon blanc is ’n perfekte voorbeeld van die kompleksiteit en verskeidenheid wat Suid-Afrikaanse wyne bied. Net so bied FNB innoverende en diverse finansiële dienste wat produsente bystaan met die ontwikkeling van nuwe wingerde en ’n groeiende produksie.

“Ons is opgewonde oor die betrokkenheid van ons nuwe platinumvennoot, EVER Solutions, ’n toonaangewende vervaardiger van biotegnologie en prosesseringshulpmiddels in die wynmaakproses, wat nou saamwerk met wynmakers in die ontwikkeling, verbetering en beste aanwending daarvan.”

Volgens mnr. Thys Louw, ondervoorsitter van Sauvignon Blanc SA, het EVER Solutions by Sauvignon Blanc SA betrokke geraak om as internasionale maatskappy ’n stempel af te druk op die Suid-Afrikaanse wynbedryf waar daar reeds verskeie internasionale belanghebbendes is. Juis daarom het sy keuse geval op samewerking met die gewildste kultivar in Suid-Afrika.

“Sauvignon Blanc SA en EVER Solutions hoop om met hierdie vennootskap geleenthede vir uitbreiding te identifiseer en om in die bedryf terug te ploeg.”

Sauvignon Blanc SA se produsente sal liefhebbers van hierdie kultivar van 7 tot 9 Mei met spesiale aanbiedinge, kos- en wynproeë en aktiwiteite by wynbestemmings reg oor die Kaapse Wynland bederf.

Besoek www.sauvignonblanc.com/sauv-blanc-day of kontak Sauvignon Blanc SA by 021 975 4440 of reinette@sauvignonblanc.com vir nog inligting.