Lande wat aan ’n opname deelgeneem het, is Suid-Afrika, Australi?, Nieu-Seeland, Argentini?, Brasili?, Uruguay, Peru en Chili. Die lande is verantwoordelik vir 25% van die wêreldhandel in vrugte, met ’n waarde van $14 miljard in 2020.

Die opname wat die Suidelike Halfrond-vereniging vir uitvoerders van vars vrugte (SHAFFE) onlangs gedoen het, toon dat uitvoerders die huidige neiging om gesond te eet en die opbloei van elektroniese handel as groot groeigebiede beskou.

Meer as die helfte van uitvoerders in die Suidelike Halfrond beskou stygende koste van landbou-insette en 40% beskou regeringsbeleid as die grootste probleme in hul eie lande.

Mnr. Charif Christian Carvajal, president van SHAFFE, het die resultate op die organisasie se eerste aanlyn konferensie bekend gestel en gesê koronavirusverwante kwessies is ’n bekommernis vir ’n derde van die uitvoerders.

Uitvoerders kom ook te staan voor probleme met logistiek en die verskeping van hul produkte, veral omdat hulle meestal ver van uitvoerbestemmings gele? is.

Meer as die helfte van die uitvoerders wat aan die opname deelgeneem het, verteenwoordig die sitrusbedryf, amper 35% die tafeldruifbedryf, 23% bloubessies en 21% appels.

Handhaaf verskaffing

Die algemeenste probleme wat in die nuwe seisoen verwag word, sluit in droogte en waterskaarste in party lande, en swaar re?n in ander, asook die beskikbaarheid van seisoenswerkers en die uitwerking wat dit op oeste het.

Carvajal sê wat markuitbreiding in die Suidelike Halfrond betref, is dit veral die stadige vordering met marktoegang wat pla. Tariewe stel dikwels beperkings wat verdere groei in markte beïnvloed.

Covid-19 se uitwerking was nie dieselfde in alle Suidelike Halfrondlande nie. “Uruguay, Australi? en Nieu-Seeland is nie juis beïnvloed nie, maar Suid-Afrika en ander Latyns-Amerikaanse lande is benadeel. Alle lande het egter hul voorsiening aan verskillende markte gedurende die moeilike tyd gehandhaaf.”

SHAFFE-lede was nie eenstemmig oor hoe hulle die politieke omgewing in hul lande ervaar nie: Vir sommige is dit gunstig en vir ander ongunstig.

Die lande beoog om in die toekoms spesifieke geleenthede te ontgin en sterk punte uit te bou.

In Argentini? is dit organiese landbou, tropiese vrugte in Brasili? en kersies in Chili. Uruguay sal voortbou op die kweek van sitrusbome, terwyl Peru se Andesprojek die verbetering van grond en die ontwikkeling van nuwe kultivars vooropstel. Voedselsekerheid is Nieu-Seeland se sterk punt en vir Suid-Afrika is daar geleenthede in die landbouvoedsel-meesterplan. Australi? gaan sy aanplantings diversifiseer, met sterk klem op premiesitrus.