Volgens mnr. Jaco Visser, verteenwoordiger van Nexus in die Olifantsrivier-streek, is daar goeie data uit proewe op verskillende persele beskikbaar.
“Die proefperseel waar ons somerdekgewasse in 2020 gevestig het, word vanjaar weer ingespan. Die resultate van die vorige proef was effe teleurstellend en ons sal die lesse wat daar geleer is, op die webinaar bespreek.
Lesse uit 2020, beplanning vir 2021
“Ons het ook vir mnr. Stoney Steenkamp, wingerdboukundige en grondgesondheidkenner, gevra om sy ervaring met verlede jaar se dekgewasse met ons te kom bespreek. Mnr. Robert Paterson van Twaktuin en sy bestuurder op Wittedrift-plaas in die Sandveld, mnr. Jarred Murphy, gaan ook hul besluite vir die komende winter met ons bespreek.”
Me. Karina Roodt van Nemlab gaan die voordele van die Haney, PLFA en bio-indikatore-toetse bespreek, terwyl mnr. James Reid van Red Ant Agri gaan verduidelik hoe die slimkunsmisstrooier wat hulle oor die afgelope twee jaar ontwikkel het, produsente kan help om meer eweredige boorde te verseker.
Bywoning is gratis. Klik op die skakel om te registreer, of kontak Clint Ockhuis per e-pos by Clint.Ockhuis@media24.com.
Teken in en kry onbeperkte toegang tot 11 Afrikaanse tydskrifte en 35 koerante. Alles op een plek.
KIES JOU PAKKET
LANDBOUWEEKBLAD EN NETWERK24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier