Die wyn sal onder ’n nuwe eksklusiewe handelsmerk, Elephant’s Cousin, verkoop word. Dit sal deel vorm van die winkelgroep se wynreeks wat onder private etiket verkoop word.

Luidens ’n verklaring gee die nuwe handelsmerk die winkelgroep die geleentheid om ’n opwindende, nuwe reeks van voortreflike waarde aan sy klante te bied.

Die handelsmerk se naam verwys na die dassie, die naaste lewende familielid van die olifant. Dit is volgens die winkelgroep die perfekte ambassadeur vir die nuwe reeks wat maklik op die rak uitgeken kan word aan sy eiesoortige verpakking en mededingende pryse.

Net soos met die groep se Odd Bins-reeks, sal die oorsprong van die wyn ’n geheim bly om te verseker dat pryse bekostigbaar bly. Die reeks sal binnekort beskikbaar wees en net bestaan solank daar genoeg surplus is.

Shoprite en Checkers het verlede Oktober die wynbedryf gesteun deur sy Pour it for you country-veldtog, wat hy gebruik het om sy ondersteuning vir plaaslike wynprodusente te toon.