Aan die woord is me. Tabby Tsengiwe, algemene bestuurder van handelsmerke en kommunikasie van die Land Bank, wat bemarkingsmodelle op die Aldam-veeskool voorgehou het.

Sy het haar op kommersiële boere beroep om as vennote deel te neem om met die hulp van die Land Bank die informele mark te ontwikkel. “Ek vind die uitsprake op die Veeskool bemoedigend dat ons moet voortgaan om die veebedryf op ’n inklusiewe wyse te ontwikkel,” sê sy. “Ons kan nie net hande gevou sit en wag dat die Regering moet toetree nie."

“Uit die Land Bank se perspektief doen ek ’n beroep op kommersiële boere om saam met ons te werk. Ons oorweeg finansiële modelle wat dié groep boere sal pas wat veral graag na die informele mark wil uitreik,” sé sy. “Dié samewerkingsmodelle is minstens die begin om die grond van opkomende boere in produksie te kry en tot volle kommersiële status te ontwikkel.”

Volgens Tsengiwe is kommersiële boere steeds van belang vir die Land Bank.