Interraskampioene

Opperste kampioen (interras, vleis- en dubbeldoelbeeste), Milagro Power (ACM 13/24). Eienaar: Mnr. Andrew Masterson (middel met die Goue Beker, sel 082 321 1462), Masterson-familietrust, Humansdorp. Van links is mnre. Danwell Daniels (hanteerder), Coen van Tonder (Bloemskou), Masterson, en Llewellyn Angus en John Boulle (beoordelaars).

Senior en grootkampioenkoei (rooi Angus; naaswenner van die Goue Beker), Roechama Suré RCM 13/18. Eienaar: Mnr. RC Malherbe (middel, sel 084 851 8262), Roechama-stoetery, Hertzogville. Hanteerder: Mnr. Johannes Matshika. Regs is mnr. Gert Malherbe van die plaas Graslaagte.

Senior en grootkampioenkoei (Braunvieh; superkoei van die interras-afdeling), Lizie-Dolla Mari 0613. Eienaar: Me. Marelize Bezuidenhout (sel 082 085 9742), Brandfort. Hanteerder: Mnr. Hendrik Fanto. Links is mnr. Eben Myburgh (Absa).

Limousin-streekkampioene

Senior en opperste kampioenbul, Larhone Millionaire LR 11/25. Eienaar: Me. Angie Malherbe (regs, sel 082 774 8863), Stoke-Limousinstoetery, Mid-Illovo, KwaZulu-Natal. Vertoner: Mnr. Tiaan Malherbe.

Senior kampioenkoei en opperste kampioen vroulike dier, Devland Highlander, DL 12/125. Eienaars: Mnr. John en mev. Tracey Devonport (sel 083 454 3095), Devlan-stoetery, Houghton. Hanteerder: Mnr. Aron Nhlapo.

Junior kampioenbul, Xourel Tripitz, XRL 14/28. Eienaar: Mnr. Derick le Roux (sel 079 602 5376), Xourel-Limousins, Lichtenburg. Vertoner: Me. Glaudine-Mari Strauss.