Geniet jy ghriessmering? Weet jy van enigiemand wat daarvan hou? Ons doen maar almal hierdie smerige werkie omdat ons weet ons moet.

Jy is besig om jou nuwe R3 miljoen se oesmasjien te ghries. Ghries loop orals oor die masjien en jy wonder hoeveel ingaan, so jy smeer nog aan; vermors geld. Dan slaan die koppeling vas en jy raak regtig kwaad. Jy moet dit nou vashou en op ongemaklike plekke weer in lyn bring, in die proses kry jy self 'n klomp klewerige ghries op jou.

Almal weet dat ghriessmering nie pret is nie. Op die meeste plase word die smering deur die bestuurder van die masjien gedoen en nie die eienaar. Dit is dan baie gevra dat elke nippel deeglik gesmeer word, met geen beloning aan die bestuurder wat hierdie onaangename taak moet verrig nie – en dit tot voordeel van iemand anders.

Dit is al erg genoeg, maar die ware en groot kostes kom eers later wanneer jy die onnodige koste van onderdele, arbeid en staantyd moet betaal as gevolg van onvoldoende smering.

Dit is 'n ou en wêreldwye probleem wat al sedert die 1930’s aankom toe die koppeling wat ons almal gebruik, vervaardig is.

Maar hier kom Suid-Afrika tot die redding! 'n Boer van Dundee het pas 'n nuwe konsep vir koppelstelsels ontwikkel en gepatenteer. Knip aan, bly aan en knip weer maklik af.

HIerdie selfrigtende, handvrye koppeling spaar werklik emmersvol ghries – ghries wat in die bewegende dele moes ingaan, maar wat jou masjien opmors en slytende vuiligheid aantrek. Waarvan elke boer deeglik bewus is, is: Maklike smering is deeglike smering; deeglike smering spaar duisende en ghries is altyd goedkoper as staal. Dit is alles logies, maar die eise op die boer se tyd, om elke aspek van sy onderneming te bestuur, is so groot dat niemand kan verwag dat onderhoud sal altyd die bestuurder se eerste prioriteit sal wees nie. Maak dit maklik vir jou bestuurder. Kry vir hom 'n G Coupler - koppeling.

Vind meer uit by jou koöperasie of gunsteling-winkel.

Gaan lees die resensies van Amerikaanse boere wat reeds die stelsel gebruik op www.amazon.com