Promosie-artikel:

Bitcoin en ander kriptogeldeenhede is 'n foefie wat wag om ineen te stort.

Só reken mnr. Jamie Dimon, besturende direkteur van JP Morgan. Hy het so ver gegaan as om te sê dat as enige van die bank se handelaars in Bitcoin sou handel dryf, hy hulle sou afdank op grond van onnoselheid. Bitcoin sal blykbaar “toegemaak word” volgens hom.

Dimon se opinie het Bitcoin se prys laat val van $4 100 tot $3 000 op 14 September 2017.

Dimon het in 2015 ook gesê hy dink kopers van Bitcoin mors hul tyd. Bitcoin se hoogtepunt in 2015 was rondom $460.

Die maak natuurlik sin om ook te kyk na die menings van partye wat voorstanders van Bitcoin is. Watter teen-argumente kan gebied word?

• Bitcoin sal moeilik “toegemaak” word. Die rede hiervoor is dat daar nie ’n sentrale beurs is waarheen owerhede kan gaan om dit “toe te maak” nie. Die sogenaamde blokketting-tegnologie sien daarna om dat Bitcoin, en ander kripto-geldeenhede, oor die internet versprei is.

Die waarskynlikheid dat alle owerhede sal saamstem om Bitcoin te beëindig, is skraal. Die enigste manier om Bitcoin “toe te maak” is om die internet te stop.

• Die winsgewendheid daarvan om Bitcoin te myn is besig om af te neem. Daar is twee redes hiervoor.

Die hoeveelheid munte wat verdien word wanneer een blok voltooi word, het halveer van 50 na 25 munte in 2012. Dit het weer halveer na 12,50 munte in 2016, en sal waarskylik weer halveer in 2020.

Soos wat rekenaars meer kragtig word, neem die moeilikheidsgraad van die myn van Bitcoin ook toe. Die totale hoeveelheid van Bitcoin gaan blykbaar beperk word op 21 000 000 munte.

Die druk van geldeenhede soos die dollar en euro neem nie af met tyd nie. Sentrale banke kan geld laat druk na willekeur. Dit spreek die sogenaamde stoor van waarde argument teen Bitcoin aan.

• Kritpogeldeenhede gaan meer eweknie-tot-eweknie-transaksies fasiliteer. Die hoop is dat die koste minder gaan wees as wat banke vra om transaksies te doen. Dit maak dus sin dat Dimon, en ander bankamptenare, nie van Bitcoin hou nie. Sommige voorstanders van kritpogeldeenheid meen dat daar banke is wat hulleself beskou as “meesters van die geldheelal”. Kriptogeldeenhede gaan dit verander.

• Volgens ’n artikel van Dawie Roodt kan kriptogeldeenhede meer mag sit waar dit hoort: in gewone mense se hande. Dit kan selfs lei tot kleiner staatsorgane. En dít klink na goeie nuus.

Om saam te vat, Bitcoin kán faal. Dit is egter onwaarskynlik dat alle kripto-geldeenhede sal faal. Hierdie tipe geldeenhede is hier om te bly.

Soos altyd, is die beste raad om slegs ’n klein deel van ’n belegger se portefeulje bloot te stel aan kripto-geldeenhede. Die konsep van diversifikasie kan gebruik word deur blootstelling te verkry aan die vier grootste kripto-geldeenhede: Bitcoin, Etherium, Bitcoin Cash en Ripple.

Daar kan 'n klein hoeveelheid van hierdie munte gekoop word op iceCUBED-X  en Luno.

* Edwin Smit is ’n portefeuljebestuurder by BVG Financial Solutions,  ’n gemagtigde finansiële diensteverskaffer van die FSB, met lisensienommer FSP 39889, en ook ’n geregistreerde finansiële handelaar op die JSE van BVG Commodities (lid van die JSE). Hy praat Maandagaande om 18:45 op RSG Geldsake. Sy kontakbesonderhede is: 012 484 4013 of edwin.smit@bvg.net.

Die volgende dienste word gebied:

Wisselkoersverskansing op BVG se Yield-X-lisensie (JSE). Lesers kan inteken op die daaglikse valutaverslag.

Die ruil van fisiese kontant in samewerking met Absa en Investec: Omskakeling van rande na dollars, euros en ponde, en vice versa. Fondse word direk in kliënte se Absa- of Investec-bankrekening betaal. BVG Financial Solutions neem dus nie self die geld in ontvangs nie.

Aandele-portefeuljebestuur in samewerking met Momentum SP Reid Securities. Lesers kan inteken op die daaglikse aandeleverslae.

Verhandelings in kripto-geldeenhede.