Promosie-artikel:

Ons het onlangs ons reeks Powerol Opwekkers van 20 kVA tot 200 kVA aan die plaaslike mark bekendgestel, met hulle lae eienaarskoste, geruislose dieselenjins en moderne, kompakte installasies wat aan die jongste omgewingstandaarde voldoen – ons beskik trouens reeds oor meer as 4 000 suksesvolle installasies regdeur die streek, en meer as 300 000 dieselopwekkers in Indië en dwarsoor die wêreld.

Wat jy waarskynlik nie oor ons geweet het nie, is dat ons die grootste vervaardiger van trekkers per volume ter wêreld is, en dat ons Horizon II-reeks binnekort in Suid-Afrika beskikbaar sal wees – die taai trekker met geharde transmissie en kragtige hidroulika wat die beste ergonomika in sy klas bied, sowel as die regte mengsel van styl en werksverrigting. En natuurlik die waarde vir geld waarvoor Mahindra beroemd geword het. Soos alle Mahindra-produkte sal dit deur ons steeds groeiende netwerk van handelaars en dienssentrums ondersteun word, en gerugsteun word deur ons sentrale na-onderdele magasyn wat op enige tyd oor voorraad ter waarde van meer as R50m beskik.

Ons is reeds meer as 12 jaar in Suid-Afrika, ons is hier om te bly en ons is hier vir jou.

Vir meer inligting, maak 'n draai by ons stalletjie by NAMPO, kontak ons by tractor@mahindra.co.za, of besoek www.mahindra.co.za