Promosie-artikel:

Die kamera kyk uit oor die uitgestrekte en mooi landskappe van die Mkuze-omgewing in KwaZulu-Natal wat bekend is vir die suikerrietplantasies en sy pragtige wildlewe.

Die aanbieder van die program, Rozanne McKenzie, verduidelik dat die Zimanga Reservaat die eerste in Afrika is om groter klem te plaas om wildlewefotograwe te akkommodeer deur unieke fotografieskuilings in te rig, wat gelei het tot ’n vooruitstrewende toerisme-ekonomie. Hierdie reservaat spog met ’n verskeidenheid van wildlewe, wat 80 spesies soogdiere en meer as 400 spesies van voëllewe insluit.

Gemeenskap dra by tot sukses

Bekende suikerrietprodusent, mnr. Charl Senekal, gesels oor Senekal Boerdery en die impak wat dit op die gemeenskap het. Hy vertel dat dié plase 50 000 ton suiker per jaar produseer en sien sy besigheid as ’n “ernstige produseerder van suikerriet”. Ander produsente, soos mnre. Ferdi Brecher en plaaslike prokureur, Stephan Weich, benadruk die belangrikheid van gemeenskapsbetrokkenheid om sukses te behaal. “Selfs ’n plaaslike skool word deur die produsente gesubsidieer,” sê Weich.

Het jy geweet dat produsente sowat 20 miljoen ton suikerriet gedurende ’n normale reënvalseisoen sal produseer? Gedurende die onlangse droogte het produksie met nagenoeg 30% afgeneem.

Soos gewoonlik deel landboukenner en redakteur van Landbouweekblad, Chris Burgess, sy unieke insigte oor die bedryf met ’n paar interessante statistieke. Een hiervan is dat die suikerbedryf “nog altyd pro-aktief by transformasie betrokke was, met 22% van die grond wat reeds na swart eienaars oorgedra is”.

Planne vir droogte se impak

Mnr. Roy McGladdery van die plaas Treetops buite Pietermaritzburg het die Nedbank Volhoubare Boer-toekenning in 2013 ingepalm en hy sluit by die program aan vanaf sy plaas om sy familie se reis met kykers te deel. Hy verduidelik ook hoe die gemeenskap tot dié sukses bygedra het, asook hoe sy ingenieursagtergrond hom met sy eie boerdery help.

In “Gespreksfokus” bespreek mnre. Suresh Naidoo, ondervoorsitter van die SA Suikerrietvereniging (SASA) en Sefiso Mhlaba, ’n ekonoom by SASA, die impak wat die suikerbedryf op die ekonomie en werkskepping het, en watter strategieë ontwikkel word om die impak van die onlangse droogte teen te werk.

As jy dalk die program misgeloop het, kan jy dit aanlyn kyk. Kliek hier.

Nasie in Gesprek – Met trots geborg deur Monsanto, Nedbank en Senwes, in samewerking met Hinterland, NWK en AFGRI.

Besoek die Nasie in Gesprek webtuiste by www.nasieingesprek.co.za en laai die toep by die app winkel af vir al die uitsaaiskedules, tye en kanale waarop die episodes uitgesaai word. Moet ook nie vergeet nie, dat jy via die Nasie in Gesprek-toep by die gesprek kan aansluit.