Brandwater HOT 15-435 was die Breedplan-wenner, asook die top- Brahmanteelbul op die Royalskou vanjaar. Eienaar: Mnr. Linde du Plessis (sel 083 700 8592), Brandwater-boerdery, Fouriesburg. Hanteerder: Mnr. Sam Motaung.

Tweede was Sarnia LEJ 15-46, top Limousin-teelbul. Eienaars: Mnre. Cois en Neil de Jager (sel 083 371 7460), Sarnia-stoetery, Bethal. Hanteerder: Mnr. Petrus Buthelezi.