Ons dogtertjie Anronette van Wyk (10 maande) geniet dit vreeslik om saam met haar pa Koos van Wyk te boer. Anronette het die Bonsmara-bulletjies geroep soos wat 'n hond sal roep en uit nuuskierigheid uit het hul nader beweeg na die draad. Ek het toe vir Anronette daar  neergesit om bietjie te gesels. Sy het dit vreeslik geniet.