Ons bly en boer in Pongola, KZN. Hoofsaaklik met suikerriet en dan ook tamaties en chillies. Maar verlede week het ons 2 kinders (Dane en Esuan Holl) weereens die voorreg gehad om by my ouers, wat naby Bethal boer (Manie en Marianne Erasmus), te gaan kuier. Die opwinding was elke oggend net te groot oom saam oupa Manie te gaan rondry in die bakkie en die beeste, mielies en soyabone te besoek. Hierdie was natuurlik die hoogtepunt van die week.... oupa het hierdie 2 lyfies gaan wys hoe word grasbale gemaak.