Uit: Landbouweekblad, 29 November 1950

In 1904 was Holt die eerste om 'n kruiptrekker-patent te registreer en in 1910 het hy sy kruiptrekkers Caterpillars begin noem.

In die Eerste Wêreldoorlog is nagenoeg 10 000 Holt-kruiptrekkers gebruik en, net soos die trekker die trekdiere in landbou vervang het, het die kruiptrekker ook die perd se rol in oorlogvoering verminder, dalk net vinniger.

Teen 1919 was Holt gevestig as die wêreld se voorste vervaardiger van kruiptrekkers.

Die maatskappy Holt was reeds jare lank bekend om sy landboutoerusting, maar ná die oorlog het hy hom op padboumasjinerie toegespits. In 1925 is die geamalgameerde maatskappy Caterpillar gevorm.

Talle trekkervervaardigers, twee daarvan Allis-Chalmers (1926) en McCormick Deering (1928), het egter die landbou met hul kruiptrekkers betree.

Ontvang die nuutste landbounuus en -raad in verskeie bedrywe - teken HIER in vir een van ons nuusbriewe. Volg ons op WhatsApp om daaglikse landbounuus op jou selfoon te ontvang.