50 Jaar met Fred word deur Jonathan Ball-uitgewers uitgegee (224 bladsye, R320)

Het Fred van die begin af ook spotprente oor die landbou geteken?

Ja, sy heel eerste spotprente vir Die Burger was oor die belangrike tussenverkiesing op Oudtshoorn in 1972. Dié veldtog het destyds volstruise as tema gehad. T.O. Honiball, wat destyds ook vir Landbouweekblad geteken het, het siek geword en Fred het sy volstruise oorgeneem.

En ander landbou-temas?

Van die heel begin af het hy die droogtes geteken, want ’n spotprent is nie net daar om snaaks te wees nie. Dit word ook gebruik om tragiese gebeure uit te beeld. Elke dekade het sy eie onderwerpe gehad. Vroeg in die 1990’s was daar baie prente oor deregulering, later in daardie dekade is die eerste pertinente prente oor plaasmoorde geteken, en daarna is die grondkwessie al hoe meer geskets.

Het sy tegniek oor die jare verander?

Sy styl het meer vloeiend geword. Aan die begin het hy met ’n pen geteken, maar later het hy met ’n kwassie begin inkleur en inklee. Daar is ook dinge wat vasstaan in sy prente. Fred teken graag landbou- en plaastonele omdat hy van detail, soos huise, windpompe en plaasbakkies, hou. Sy plaastonele het altyd ’n werfhond of twee in.

Wat is sy sterk punt?

Hy laat jou eerder vir jouself lag as vir ander mense, dink ek. Jy sien jouself en jou familie en vriende in sy sketse. Hy teken dikwels hoe gewone mense die politieke skommelinge beleef. Fred het ’n fyn humorsin en sy prente het dikwels ’n hele paar klein dingetjies in wat visueel snaaks of interessant is.

Was dit moeilik om die sketse vir DIE BOEK te kies?

Ja, wanneer ek nou weer na Fred se versameling kyk, dink ek dikwels hierdie of daardie prent moes ook eintlik in die boek gewees het, maar daar was eenvoudig nie plek vir alles nie. Hou in gedagte dat hy in die afgelope 50 jaar al meer as 10 000 spotprente vir Die Burger geteken het.

Fred Mouton
‘VEILIGE’ VLEIS. Die kettingwinkelgroep Woolworths sê hy wil lams-vleis as “roofdiervriendelik” laat sertifiseer omdat diere soos luiperds, dassies en aasvoëls in die slag bly wanneer “ondiskriminerende” metodes, soos soos valstrikke en gif, gebruik word om jakkalse te vang (23 April 2015).
Fred Mounton,
Die boek

Ontvang die nuutste landbounuus en -raad in verskeie bedrywe - teken HIER in vir een van ons nuusbriewe. Volg ons op WhatsApp om daaglikse landbounuus op jou selfoon te ontvang.